Bible Society of South Africa

Teraardebestelling

In bybelse tye is die dooies gewoonlik begrawe. Om ʼn liggaam nie te begrawe nie of om dit te veras, is beskou as ʼn erge straf.

Patriarge

In die verhale oor die patriarge is mense onder ʼn boom begrawe wanneer hulle gesterwe het (Genesis 35:8; 1 Samuel 31:12-13). Wanneer mense op ʼn spesifieke plek gevestig het, is die dooies êrens buitekant die stad begrawe, of graftombes is in die rotse of die heuwels uitgekap.

Ryk en arm

Vir arm mense is ʼn graf in die grond gegrawe. Die graf is met klippe bedek. Soms is van ʼn soort massagraf gebruik gemaak. Rykes is in ʼn privaat graf, gewoonlik ʼn familiegraf, begrawe. Om ruimte te maak vir ander familielede, is die bene van die ontslapenes in ʼn put of in ʼn ossuarium (beenderehuis) versamel.


Grafte is met klippe bedek om dit teen wilde diere te beskerm. Indien die familie genoeg geld gehad het, kon hulle ʼn spesiale steen laat maak het om die graf te bedek of om die ingang na die graftombe te verseël.

Dieselfde dag

Mense is gewoonlik op die dag van hul afsterwe begrawe. Selfs wanneer iemand as straf gehang is, moes sy liggaam dieselfde dag begrawe word (Deuteronomium 21:22-23).



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.7
VOLG ONS