Bible Society of South Africa

Weduwees en weeskinders in die Nuwe Testament

Die Nuwe Testament, net soos die Ou Testament, verwys na die haglike situasie van weduwees en weeskinders, maar hou ook die beeld voor van die ekonomies-onafhanklike weduwee. Hulle onafhanklikheid was moontlik te danke aan die Grieks-Romeinse huweliksreg.

Die rol van weduwees in die Christelike gemeenskap

In die vroeë Christendom het weduwees ʼn spesiale rol gespeel. Dit was ook die geval met ongetroude en geskeide vroue, na wie dikwels verwys word met die Griekse term cherai, “weduwees”. Om ʼn weduwee te wees, was nie meer geheel en al negatief nie. Dit kon ook ʼn geleentheid wees vir ʼn unieke lewenswyse, soos in die geval waar die weduwees in Handelinge 9:36-43 goeie dade gedoen het deur klere reg te maak.


In 1 Timoteus 5:2-16 word die posisie van weduwees in die gemeenskap breedvoerig beskryf. Die skrywer onderskei tussen twee groepe: weduwees bo 60 wat net een man gehad het, en jonger weduwees wat enkellopend wil bly om Christus beter te kan dien. Slegs die eerste groep is, volgens hom, “ware” weduwees.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS