Bible Society of South Africa

Weduwees en weeskinders in die Ou Testament

In die Ou Testament word weduwees en weeskinders dikwels saam genoem as ʼn groep wat spesiale sorg deur die gemeenskap nodig het, byvoorbeeld in Jesaja 10:2. Hulle word ook dikwels saam met ander groepe genoem wat in ʼn maatskaplik benadeelde posisie is, soos vreemdelinge, dagloners en armes. Sien byvoorbeeld Job 31:16.

Beskerming van weduwees en weeskinders

In die Ou Testament is daar wette wat weduwees en weeskinders beskerm. Hulle klere kon byvoorbeeld nie as pand geneem word nie. 


Die versorging van weduwees en weeskinders was ʼn godsdienstige plig. Daar is van die koning verwag om God se voorbeeld te volg en spesiale aandag aan hulle te gee. Verontagsaming om na weduwees en weeskinders om te sien, is dikwels deur die profete gekritiseer.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS