Bible Society of South Africa

Salwing: Toewyding

In die Bybel is mense en voorwerpe met ʼn spesiale olie gesalf. Dit dui aan dat mense en voorwerpe spesifiek aan God se diens toegewy word. Die woorde “Messias” en “Christus” is afgelei van die salwingsritueel.

Salwing van priesters

Priesters is vanaf geboorte vir hulle roeping bestem, maar salwing bevestig hierdie rol. Dit gebeur byvoorbeeld met Aäron: om sy rol te bevestig word sy kop gesalf.

Die salwing van profete en konings

Profete en konings van Israel word gesalf om hulle rol te bevestig. Die profeet Elia salf sy opvolger Elisa en wanneer God aan Samuel die opdrag gee om ʼn koning vir Israel aan te stel, vertrek hy om Saul met olie as koning te salf. Later salf hy ook vir Dawid.

Die salwing van voorwerpe

Daar is reëls in Eksodus vir die salwing van baie verskillende voorwerpe om hulle heilig te maak vir gebruik in God se diens. Dit sluit in (Eksodus 30:22-29):

Die gesalfde (een)

Die term “Messias” spruit uit die salwingsritueel. Hierdie term word afgelei van die Hebreeuse woord

masjiaḥ

wat “die gesalfde een” beteken. Die woord is

christos

in Grieks en

christus

in Latyn. Die “Messias” is God se verteenwoordiger wat verlossing bring en wat priesterlike, profetiese en koninklike eienskappe besit.

Jesus as die Gesalfde (Een)

In die Nuwe Testament word Jesus die Gesalfde genoem. In die vroeë Christendom het die rol van “Christus” stadig maar seker ʼn eienaam spesifiek vir Jesus geword.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS