Hart
In die Bybel het die hart nie net ʼn fisiese funksie nie, maar ook ʼn geestelike een. Dit is die plek in die liggaam waar die emosies, gevoelens, moed, insig, kennis en wysheid gevind kan word. Die hart is in elke opsig die simbool van die innerlike persoon.
Die hart in die Ou Testament
Die woord “hart” (in Hebreeus
leb
of
lebab
) kom in elke boek van die Ou Testament voor, behalwe in Miga en Habakuk. Dit word omtrent 150 keer in die Psalmbundel alleen aangetref.
Die term “hart” word op verskillende maniere gebruik, byvoorbeeld:
- waar dit “bors” of “borskas” beteken, waarvoor daar geen afsonderlike woord in Hebreeus bestaan nie, byvoorbeeld in 2 Samuel 18:14
); - as ʼn sinekdogee vir die persoon as geheel, byvoorbeeld in 1 Samuel 7:3
; - in ʼn figuurlike sin vir die middelpunt van iets, byvoorbeeld “die hart van die see” in Jona 2:3
(1933/1953-vertaling).
Die hart is in baie opsigte van kardinale belang vir die mensdom, byvoorbeeld:
- die setel van wysheid (Spreuke 2:10
, 1933/1953-vertaling) en insig (Psalm 90:12 , 1933/1953-vertaling); - die sentrum van gevoelens en emosies (Klaagliedere 2:19
); - die orgaan van seksuele krag en begeerte (Spreuke 6:25
, 1933/1953-vertaling).
Soos die woord “hart” by mense gebruik word, word dit ook vir God gebruik. Byvoorbeeld, waar dit gaan oor die verband tussen die hart en emosies:
“Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.” (Hosea 11:8
Die hart in die Nuwe Testament
In die Nuwe Testament word die woord “hart” (
kardia
in Grieks) ook in feitlik elke boek aangetref. Op seker plekke word hart gebruik om die sentrale orgaan van die menslike liggaam aan te dui. Op ander plekke verteenwoordig dit, net soos in die Ou Testament, die innerlike mens, byvoorbeeld as:
- die plek waar ons die emosies kan vind (bv Johannes 16:22
); - die plek waar geloof aangeneem of verwerp word (bv Matteus 15:8
).
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: