Bible Society of South Africa

Seun en dogter

Die woorde “seun” en “dogter” in Hebreeus dui op ʼn direkte familieverhouding, soos in Afrikaans.

Breër betekenis

Die woorde kan ook in ʼn breër betekenis gebruik word: vir die inwoners van ʼn stad of land, vir iemand wat deel is van ʼn bepaalde groep, of vir nakomelinge van dieselfde voorouer.

Seuns was belangriker as dogters

In die patriargale samelewing in bybelse tye was seuns belangriker as dogters. Dit is omdat alles van belang langs die manlike geslagslyn oorgedra is. Daarom het seuns selfs ná hulle huwelik by hulle familie bly woon. Hulle kon dus vir hulle ouers sorg. ʼn Dogter het by haar man se familie gaan woon.


Dogters is as minder belangrik beskou en dit is ook duidelik uit die feit dat dogters net kon erf indien daar geen seuns was nie. Die belangrikste persoon in ʼn familie was die eersgebore seun. Hy het ʼn dubbele deel van die erfporsie gekry: die eersgeboortereg.

Seun van God

Daar is in beide die Ou en die Nuwe Testament sprake van “die seun van God”. In die Ou Testament word die titel seun van God byvoorbeeld vir verskeie konings gebruik. ʼn Duidelike voorbeeld kan gevind word in 2 Samuel 7:14. Die volk Israel word egter ook dikwels met ʼn kind van God vergelyk, soos in Deuteronomium 14:1.


In die Nuwe Testament beteken Seun van God altyd Jesus.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS