Bible Society of South Africa

Maagd

Die Hebreeuse woord

betula

en

almah

, dikwels vertaal as “maagd” en “jong vrou”, het ʼn redelike algemene betekenis. Dit verwys na ʼn jong en gewoonlik ongetroude vrou. Dit mag ʼn vrou wees wat nog nooit by ʼn man geslaap het nie.  

Huwelik

Maagdelikheid was nie ʼn voorvereiste vir die huwelik nie. Mans kon met ʼn weduwee of ʼn prostituut trou. Daar het ander reëls slegs vir priesters gegeld (Levitikus 21:7). ʼn Hoëpriester is net toegelaat om met ʼn maagd uit sy eie stam te trou (Levitikus 21:13-14).

Maria

Die Griekse woord vir “maagd”,

parthenos

, kom nie gereeld in die Nuwe Testament voor nie. Maria, die moeder van Jesus, word ʼn maagd genoem in Matteus1:23. Dit is ʼn aanhaling uit Jesaja 7:14 in die Septuaginta. Hier is die betekenis inderdaad dat Maria nog nooit saam met ʼn man geslaap het nie.


In die ander gedeeltes in die Nuwe Testament (Markus 6:1-16) word gesê dat Jesus broers en susters gehad het. Daarom aanvaar sommige kerktradisies dat hulle halfbroers en halfsusters was: hulle was wel kinders van Josef, maar nie van Maria nie. ʼn Ander manier om hierdie probleem te probeer oplos was om die broers en susters as nefies en niggies te sien.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS