Graf
Wanneer mense gesterf het, is hulle begrawe. Daar was verskillende tipes grafte, grafte in die grond of ʼn ruimte wat uit ʼn rots gekap is, was die algemeenste.
In die grond
Die meeste Jode het hulle dooies in ʼn individuele graf, wat in die grond gegrawe is, begrawe. Dit kan onder andere gesien word uit die klein aantal rotsgrafte wat rondom Jerusalem gevind is, vergeleke met die stad se inwonertal.
Die liggaam van die dooie is in ʼn doek toegedraai en in die graf geplaas, soms in ʼn kis.
Die graf is agterna met grond toegegooi en met ʼn laag klippe bedek. ʼn Groot klip is dikwels aan die koppenent geplaas om die graf te merk.
Graftombes in klip uitgebeitel
Mensgemaakte graftombes
Tombes wat uit kalk gebeitel is, is ook gevind. Hierdie grafte het ʼn gang wat afdraande na onder loop tot in die grafkamer. Die grafkamer is deur ʼn klip afgesluit, terwyl die deurgang self met klip en sand gevul is.
ʼn Graf is vir vele geslagte van een familie gebruik, waarna verwys word met die uitdrukking “begrawe saam met sy voorgeslagte”.
Qumran
By die ou nedersetting Khirbet Qumran, is mense in die grond begrawe. By Qumran het ʼn redelike groot begraafplaas behoue gebly danksy gunstige omstandighede. Daar is ʼn droë klimaat en geen geboue is bo-op die grafte opgerig nie.
Die grafte by Qumran is geheel en al met klippe bedek, met groter klippe aan die koppenent en voetenent. Hierdie ongewone merkers het dalk te make met die inwoners van Qumran se eng interpretasie van rituele reinheid. Hierdie duidelike afgrensing het die kanse verminder dat iemand per ongeluk op ʼn graf trap en sodoende onrein word.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: