Bible Society of South Africa

Begrafnis

Daar was ʼn verskeidenheid begrafnisgebruike in Israel, wat soortgelyk was aan dié van ander kulture wat hulle omring het.

Rou

Die persoon wat gesterf het, is betreur deur klaagliedere, die dra van spesiale klere en deur kaalvoet te loop. 

Draagbaar

Die ontslapene is op ʼn draagbaar na sy graf gedra. Soms is kruie en speserye by die begrafnis gebruik en die liggaam is in linnedoeke toegedraai.

Bekende verhale

Voorbeelde van begrafnisgebruike kan gevind word in:

  • Genesis 50:1-13: Jakob se begrafnis in Egipte. Jakob is ná sy dood gebalsem en in Kanaän begrawe.
  • 2 Samuel 21:11-14: Dawid laat Saul en Jonatan se beendere begrawe. 
  • Matteus 27:57-66: Jesus word in die graf van Josef van Arimatea neergelê. 
  • Lukas 7:11-17: Die begrafnis van die jong man van Nain. 
  • Johannes 11:1-44: Lasarus is begrawe en vier dae later word hy deur Jesus uit die dood opgewek. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.7
VOLG ONS