Bible Society of South Africa

Tuniek

ʼn Tuniek of onderkleed was ʼn hemp wat onder die mantel deur mans sowel as vroue gedra is.


Die tuniek het uit twee reghoekige lappe bestaan wat by die skouers en aan die kant aanmekaar gewerk is. Dit het halflengte moue geskep.


ʼn Tuniek kon sonder ʼn mantel gedra word wanneer daar byvoorbeeld gewerk is.

Vorm van die tuniek

ʼn Tuniek kon lank tot by die enkels, of kort tot by die kuite gestrek het. Soldate en mans wat by fisiese arbeid betrokke was, het gewoonlik ʼn kort tuniek gedra. Dit het hulle meer vryheid van beweging gebied. Vroue het ʼn lang tuniek gedra met halflengte of lang moue.

Tuniek in Nuwe Testamentiese tye

In Nuwe Testamentiese tye is klerestyle dikwels by die Romeine in die stede oorgeneem. ʼn Tuniek met twee gekleurde vertikale bande wat daarby ingeweef is was kenmerkend gedurende daardie tyd. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS