Bible Society of South Africa

Kleredrag

In bybelse tye het mans, vroue en kinders dieselfde soort klere gedra:

Vroue het gewoonlik ʼn lang tuniek gedra met kort of lang moue en hul koppe toegemaak. Mans het ʼn lang of ʼn kort tuniek gedra en het nie altyd hul koppe toegemaak nie.

Materiaal

Die meeste klere is van wol of linne gemaak. Volgens Matteus 3:4 en Markus 1:6 het Johannes die Doper ʼn growwe mantel van kameelhaar gedra.


Esegiël 16:10-13 maak melding van syklere, maar dis nie heeltemal seker of die Hebreeuse woord in werklikheid “sy” beteken nie. Dit kon ook ʼn ander waardevolle soort materiaal gewees het. Die enigste keer wat die Bybel beslis na sy verwys, is in Openbaring 18:12.


Dit was verbode om twee verskillende soorte materiaal in een kledingstuk te gebruik. Deuteronomium 22:11 stel dit: “Jy mag nie 'n kledingstuk dra wat van twee soorte materiaal, wol en linne, gemaak is nie.”

Kleure

Linne was naaswit of beige van kleur. Wol sou ʼn natuurlike kleur, swart, bruin en beige hê, maar dit kon ook verskillende kleure gekleur wees. In die Bybel word die kleure rooi, blou en pers in besonder vermeld.


Pers klere is slegs deur die rykste mense gedra. Die kleursel wat gebruik is, is gemaak van die afskeidings van ʼn spesifieke soort seeslak, en was baie duur. Handelinge 16:14 maak melding van ʼn vrou, genaamd Lidia, wat pers linne verkoop het. 


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS