Bible Society of South Africa

Losserskap

Lossing is ʼn bekende gebruik in die Ou Testament. Dit is bedoel om te verseker dat mense en besittings (soos land) in ʼn mense se eie familie bly.

Lossing deur die familie

As iemand homself as ʼn slaaf moes verkoop om sy skuld af te betaal, kon hy deur ʼn familielid gelos word. As iemand sy land of sy huis moes verkoop, kon daardie eiendom deur familielede teruggekoop word.


As iemand se land nie deur ʼn familielid gelos is nie, kon die oorspronklike eienaar in die Hersteljaar sy eie land terugkry.

Lossing in Rut

In die bybelse boek Rut word lossing ook verbind aan die leviraatshuwelik. In hierdie geval moet ʼn onbekende familielid nie net die land van Elimelek koop om te verhoed dat in die hande van vreemdelinge val nie, maar die man moet ook met Rut trou om te verseker dat die oorlede man steeds nakomelinge sal hê. Indien daardie familielid weier, is Boas die persoon wat die verantwoordelikheid op homself moet neem.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS