Bible Society of South Africa

Rou

Wanneer iemand te sterwe gekom het, was daar ʼn verskeidenheid rituele wat mense die geleentheid gebied het om te rou.

Rouklere

As ʼn teken van rou, het mense hulle klere geskeur, sand of as op hul koppe gestrooi en kaalvoet geloop.


Soms is spesiale rouklere gedra, ʼn soort sak wat uit growwe materiaal gemaak is, of roubeklaers het ander gewone klere gedra, wat uit ʼn donker materiaal gemaak is. Geen juweliersware is gedurende die routydperk gedra nie.


Uit die vertelling oor Tamar in Genesis 38 kan ons aflei dat daar ook spesiale klere vir ʼn weduwee was.

Weeklaag

Buiten die dra van rouklere, was daar ander rituele. Mense het soms gevas en hardop geweeklaag terwyl hulle op hul bors slaan. Daar was selfs spesiale professionele roubeklaers in antieke tye.

Aangrensende kulture

Mense in aangrensende kulture het soms simbole in hul vel gekerf of tatoeëermerke aangebring. Dit was verbode vir die Israeliete (Levitikus 19:27-28). Die Israeliete is ook nie toegelaat om hul hare of baard as teken van rou af te skeer nie.

Duur van die routydperk

Die duur van die routydperk was nie vasgestel nie. Die rou het waarskynlik geduur totdat die bene gehaal is vir die ossuarium, wat ongeveer ʼn jaar ná die begrafnis plaasgevind het.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS