Bible Society of South Africa

Huwelik in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is die huwelik, net soos in die Ou Testament, patriargaal (via die man) van aard: die man het getrou, sy vrou is met hom getroud.

Gemiddelde ouderdom

Dit is nie bekend wat die gemiddelde ouderdom vir huwelik in die Nuwe Testament was nie. Dit sou waarskynlik soortgelyk gewees het aan die situasie in buurlande, waar jong mans gemiddeld 18 jaar oud was en jong vroue tussen 12 en 13 toe hulle getrou het.

Onthouding

In die eerste eeu v.C. was daar ook mense wat verkies het om nie te trou nie. Mense het die naderende koms van die Messias verwag en daarna sou daar nie meer seksualiteit of huwelike wees nie.

Daarbenewens was daar invloedryke filosofiese bewegings wat ʼn negatiewe siening van seksualiteit gehad het en daarom ook teen die huwelik gekant was.

Paulus oor die huwelik

Paulus praat ʼn paar keer oor die huwelik. Hy dink nie dat dit vir Christene nodig is om te trou nie (sien 1 Korintiërs 7).

Maar hy dink dat mense wat wel getroud is, nie onthouding moet beoefen nie. Deur nie seks met ʼn mens se eie huweliksmaat te hê nie, maak mense beslis vatbaar vir sedeloosheid.

Huwelik as metafoor

In die Nuwe Testament word die huwelik ook as metafoor gebruik, byvoorbeeld in 2 Korintiërs 11:1-4. Daar word die kerk in Korinte vergelyk met die bruid van Christus.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS