Bible Society of South Africa

Erfporsie

Ná die dood van ʼn pa, het seuns sy besittings as erfporsie ontvang. Die oudste seun het ʼn dubbele deel ontvang, sy eersgeboortereg. Mense kon tydens hulle leeftyd ʼn testament saamstel om uiteen te sit hoe hulle besittings verdeel moes word.

Binne die familie

In beginsel het dogters nie ʼn erfdeel ontvang nie, maar hulle het ʼn bruidskat ontvang wanneer hulle getrou het. Indien iemand egter gesterf het en geen seuns gehad het nie, het sy rykdom wel na sy dogter(s) gegaan. Indien iemand kinderloos sterf, sou sy besittings na sy broers toe gaan. In kort, rykdom moes altyd binne die familie bly (sien Numeri 27:1-11).


Slawe kon ook erf. ʼn Voorbeeld hiervan kan gevind word in Genesis 15:2-4, waar Abraham bekommerd is daaroor dat sy besittings na sy slaaf Eliëser toe sou gaan. Uit die gelykenis van die boere in Matteus 21:33-44 kan ons sien dat slawe ook ʼn wingerd kon erf indien daar geen seun is nie.

Weduwee

ʼn Weduwee het niks geërf nie. Sy kon egter met haar swaer trou om sodoende kinders te hê en op dié manier haar toekoms verseker.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS