Bible Society of South Africa

Owerspel

Owerspel was ʼn ernstige oortreding in die wêreld van die Bybel. Dit was strafbaar met die dood, soos ook die gebruik in die omringende kulture was.

Owerspel in die Ou Testament

ʼn Vrou mag nie by enigiemand anders as haar man slaap nie. Dit het nie saak gemaak of die ander man getroud of ongetroud was nie. By owerspel het die vrou die doodstraf ontvang.


Vir ʼn man het nie alle buite-egtelike verhoudings as owerspel gegeld nie. ʼn Man het slegs owerspel gepleeg as hy ʼn verhouding met ʼn getroude vrou, of met ʼn vrou wat reeds verloof was, gehad het.

Straf vir owerspel

Owerspel is met die dood gestraf. Dit is in beginsel deur steniging voltrek, maar soms is die man of vrou lewendig verbrand.


Een van die bekendste verhale oor owerspel is dié van Dawid, wat by Batseba slaap in 2 Samuel 11. Hulle is egter nie doodgemaak nie.

Owerspel in die Nuwe Testament

Die Nuwe Testament waarsku ook teen owerspel, gewoonlik saam met waarskuwings teen moord, hebsug en diefstal. Al hierdie immorele dade is ten sterkste afgekeur.


Owerspel was ʼn geldige rede vir egskeiding (sien Matteus 19:9).

Owerspel as ʼn beeld

In die Ou en Nuwe Testament word owerspel ook gebruik as ʼn metafoor vir wanneer ʼn mens jou rug op God draai. Mense wat begin om vals gode te dien, pleeg so glo owerspel en prostitusie teenoor God.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS