Bible Society of South Africa

Egskeiding

In die wêreld van die Bybel is egskeiding ʼn wettige gebruik, en ʼn man kon sy vrou wegstuur as hy nie langer met haar getroud wou wees nie.

Lewenslange kontrak

ʼn Huwelik is (in beginsel) beskou as ʼn lewenslange kontrak. Daarom is daar ʼn paar tekste in die Bybel, soos in Maleagi 2:16, waar ons lees dat God dit haat as ʼn man sy vrou wegstuur. Daar is ook in die Nuwe Testament tekste wat teen egskeiding gekant is, soos die woorde van Paulus in 1 Korintiërs 7:10-16.

Die man het sy vrou weggestuur

As ʼn man ʼn egskeiding wou hê, het hy nie ʼn geldige rede daarvoor nodig gehad nie. Hy kon sy vrou bloot wegstuur. ʼn Vrou kon nooit die inisiatief neem vir ʼn egskeiding nie.


Die man moes egter vir sy vrou ʼn egskeidingsbrief gee. Op dié manier kon sy nie van owerspel beskuldig word as sy weer wou trou nie (sien Deuteronomium 24:1-4).


Geskeide huweliksmaats kon nie vir ʼn tweede keer met mekaar trou nie.


Die vrou het teruggegaan na haar vader se huis totdat sy weer getrou het.

Uitsonderings

In die Ou Testament was daar een uitsondering vir die moontlikheid van egskeiding. As ʼn man in ou Israel ʼn jong vrou verkeerdelik daarvan beskuldig het dat sy nie ʼn maagd was toe hulle getroud is nie, sy hy nooit van haar kon skei nie (Deuteronomium 22:13-19).


Volgens Paulus was egskeiding slegs toelaatbaar indien ʼn ongelowige huweliksmaat ʼn egskeiding wou hê.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS