Bible Society of South Africa

Familiegroep

Elke stam het uit ʼn aantal familiegroepe bestaan. Die familiegroep is dus die tweede grootste eenheid in die ou Israelitiese gemeenskap. Die lede van ʼn familiegroep is (verlangs) familie.

Struktuur

ʼn Familiegroep het uit ʼn aantal families bestaan. Volgens die familiegroeplyste in Numeri 26, het ʼn familiegroep ʼn maksimum van 60 families verteenwoordig, maar dit kon waarskynlik meer gewees het.

ʼn Familiegroep is deur die oudstes gelei.

Omgee vir mekaar

Lede van ʼn familiegroep het ʼn sterk sin vir samehorigheid gehad:

  • in patriargale tye het mense verkies om ʼn huweliksmaat in hulle eie familiegroep te soek;
  • as iemand in die skuld was, moes mense na mekaar omsien (losserskap);
  • die dood van ʼn lid van die familiegroep moes deur die familiegroep gewreek word (bloedwraak);
    in oorlogstye is ʼn beroep op familiegroepe gedoen om ʼn leër op die been te bring.

In die omgewing

Mense van dieselfde familiegroep het in dieselfde omgewing gewoon, en daarom kon eiendom maklik in die familie bly. Tydens feeste en offermaaltye het mense mekaar besoek.
Wanneer iemand dus sy familiegroep noem, was dit meesal duidelik waar hy geografies vandaan kom, na aanleiding van die stam se gebied.

Familiegroep in die Nuwe Testament

ʼn Aantal familiegroeplyste word ook in die Nuwe Testament aangetref om byvoorbeeld om Jesus se familielyn te beskryf.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS