Bible Society of South Africa

Bruidskat

Wanneer ʼn vrou in die huwelik uitgegee is, moes die (familie van die) man ʼn bruidskat of bruidsprys betaal.

Bruidskat as vergoeding

Die bruidskat is bedoel as vergoeding vir die jong meisie se ouers. Hulle het immers die dienste van hulle dogter verloor. Die bruidskat kon in geld of geskenke betaal word. Maar dit kon ook bestaan het uit ʼn quid pro quo of ʼn uitruil van vroue. Dawid was daarom in staat om met Saul se dogter Mikal te trou in ruil vir ʼn honderd Filistyne se voorhuide (1 Samuel 18:24-26). Die waarde van die bruidskat is deur die verloop van die onderhandelinge tussen die families van die toekomstige man en vrou vasgestel.
Die vrou het geld of goedere van haar familie ontvang, soos ons in Rigters 1:11-15 lees. Wat sy by haar familie gekry het, het haar eiendom gebly, selfs na ʼn toekomstige egskeiding.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS