Bible Society of South Africa

Blindheid

Daar is verskeie verhale oor blindheid in die Bybel. Daar bestaan ook wette vir die beskerming van blinde mense, soos in Levitikus 19:14. Maar blindheid is ook as ʼn gebrek beskou, en blinde mense is daarom nie toegelaat om priesters (Levitikus 21:18) te word nie.

Beskerming

Blinde mense word dikwels in dieselfde kategorie geplaas as ander mense wat beskerming nodig het, soos weduwees en weeskinders. In Psalm 146:8 word blindes vermeld onder diegene vir wie God sal sorg.

Blindheid as straf

Blindheid is soms as ʼn straf beskou. In Johannes 9:1-2 vra die dissipels vir Jesus waarom ʼn man blind gebore is: het die man of sy ouers gesondig? Volgens Jesus is die man nie blind as gevolg van sonde nie. Hy is blind sodat hy deur Jesus gesond gemaak kan word. Dit is die manier waarop God se werk geopenbaar kan word.

Blindheid as metafoor

Blindheid is ook as metafoor vir mense wat nie God se gebooie gehoorsaam nie en wat nie weet hoe om te lewe op ʼn wyse wat God tevrede stel nie, soos byvoorbeeld in Jesaja 29:9.

Verhale oor blindheid

In die Nuwe Testament is daar baie genesingsverhale oor blinde mense.

  • Een van die bekendste verhale is die genesing van Bartimeus (Markus 10:46-52).
  • Saulus is vir ʼn paar dae blind voordat hy, as Paulus, die goeie nuus oor Jesus verkondig Handelinge 9:1-19.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS