Byvrou
In Ou Testamentiese tye kon ʼn man nie net verskeie vroue gehad het nie, maar ook een of meer byvroue. Hierdie byvroue het ʼn laer status gehad en hulle hoofdoel was om kinders te baar. Hulle was ook ʼn simbool van rykdom en mag. Byvroue word nie in die Nuwe Testament genoem nie.
Wetlike bepalings
Daar bestaan weinig wetlike bepalings rakende die huwelik
pilegesj
) word nie in enige van hierdie tekste vermeld nie.
Wetstekste omtrent byvroue is egter onder ander kulture van die Ou Nabye Ooste gevind. Volgens die Oudbabiloniese boek,
Wette van Hammurabi
(18de eeu v.C.), kon ʼn man byvoorbeeld ʼn byvrou neem selfs al het hy reeds kinders by sy eerste vrou gehad. Die eerste vrou kon self ʼn slavin aan haar man aanbied. ʼn Kind uit hierdie verhouding is beskou as die kind van die man en sy eerste vrou.
Surrogaatmoeders
Alhoewel die wetstekste van die Ou Testament nie die onderwerp van “byvroue” aanraak nie, kom byvroue in verskeie verhale voor.
In Genesis is die hoofdoel van byvroue om kinders vir onvrugbare vroue te baar. Bekende voorbeelde is Hagar
ʼn Simbool van mag
In Samuel en Konings is byvroue hoofsaaklik ʼn simbool van rykdom en mag. Koning Salomo
Twee verhale wys dat byvroue direk in verband gebring word met koninklike mag:
- Volgens 2 Samuel 16:21-22
neem Dawid se seun, Absolom, beheer oor Dawid se byvroue “voor die oë van die hele Israel”. Hy doen dit om te wys dat hy nou koning is. - In 1 Konings 2:13-25
wil Adonia met Abisag, Dawid se laaste byvrou trou. Salomo beskou sy versoek as ʼn vergryp na koninklike mag en laat hom daarom doodmaak.
Nuwe Testament
Vanaf die tydperk ná die Babiloniese ballingskap
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: