Bible Society of South Africa

Dissipels in Markus

Markus beskryf die dissipels hoofsaaklik as vol bewondering en stadig van begrip. Hy neem die lesers van sy Evangelie op ʼn reis waarop die dissipels saam met Jesus gaan en waarin hulle wonder:


“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” (Markus 4:41)

Die dissipels se gebrek aan begrip

Die dissipels bereik die toppunt van hulle onbegrip in Markus 8:14-21. Jesus het hulle al twee maal gewys dat Hy meer as genoeg brood kan voorsien vir 5 000 en 4 000 mense. Onmiddellik daarna bekommer die dissipels hulle daaroor dat hulle nie genoeg brood het nie. Markus vertel met ʼn sin vir humor dat hulle slegs een brood het. Jesus spreek hulle aan:



“Begryp en verstaan julle nog nie? Is julle nog steeds so traag van begrip? Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie?” (Mark 8:17-18)


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS