Ekklesia: Identiteit
Ongeag baie verskille het die huiskerke ʼn gemeenskaplike identiteit ontwikkel. Hulle het hulself toenemend van die Joodse gemeenskap en die Grieks-Romeinse kultuur onderskei.
Dieselfde doop, maaltyd en reëls
Daar was huiskerke in verskillende dele van die Romeinse Ryk. Hierdie gemeentes het natuurlik van mekaar verskil in sekere aspekte van hulle opvattings en praktyke, maar daar was sekere belangrike tradisies wat hulle gedeel het:
- Nuwe lede is by die groep verwelkom deur die inlywingsritueel van die doop
, wat ʼn aanduiding was van die einde van hulle vorige lewe en die begin van hulle nuwe lewe. - Lidmate van die gemeente het saamgekom om te deel in die nagmaal
. Hulle het saam brood gebreek en wyn uit dieselfde beker gedrink. Hulle het gebid en gesing, en op hierdie manier het hulle gemeenskap met mekaar en met hulle Here Jesus Christus gedeel. - Daar was reëls vir die hantering van ontwrigtende elemente, of selfs om hulle uit die gemeente uit te sluit.
ʼn Individuele identiteit
Stadigaan het die gemeentes hulle eie individuele identiteit ontwikkel. Hulle was anders as die politeïstiese groepe in die Grieks-Romeinse stede, maar ook verskillend van die Joodse gemeenskappe. Dit was as gevolg van:
- hulle gemengde lidmaatskap van Jode en nie-Jode;
- hulle belydenis, “een God: die Vader, […] een Here: Jesus Christus” (1 Korintiërs 8:6
).
ʼn Individuele naam
Die gemeentes het merkbaar ʼn afsonderlike beweging geword en hulle eie naam ontvang. In Handelinge 9:2
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: