Bible Society of South Africa

Ekklesia

In Nuwe Testamentiese tye was huiskerke (gemeentes wat by mense se huise bymekaar gekom het) die grondslag van die Christelike beweging.

Die woord ekklesia

Die Griekse woord

ekklesia

is afgelei van die woord

ekkaleo

, wat beteken “om te voorskyn te roep, om byeen te roep”, en word gewoonlik vertaal as “gemeente” of “kerk”. Die woord is in alledaagse Grieks gebruik vir ʼn samekoms van burgers en nie vir godsdienstige groepe nie. Die godsdienstige gebruik van die woord in die Ou Testament kan teruggevoer word na die Septuaginta waar dit as ʼn godsdienstige begrip gebruik is, byvoorbeeld in Joël 2:16.

Ekklesia in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament word die woord

ekklesia

op verskillende maniere gebruik:

  • Dit word gebruik om saam na alle gelowiges te verwys, byvoorbeeld wanneer daar gesê word dat Christus die hoof van die kerk is in Kolossense 1:18.
  • Dit word ook gebruik om te verwys na ʼn plaaslike groep gelowiges, byvoorbeeld “die gemeente in Jerusalem” Handelinge 11:22.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS