Bible Society of South Africa

Doop: Dooie See-rolle

Daar staan niks in die Ou Testament oor doop nie. Dit is dus opvallend dat sommige van die Dooie See-rolle na reinigingsrituele verwys wat baie ooreenstem met die Nuwe Testamentiese doop.

Betekenis van die doop

Soos die doop in die Nuwe Testament is die reinigingsrituele in die Dooie See-rolle ʼn uitdrukking van innerlike bekering. Dit is byvoorbeeld duidelik uit die volgende aanhaling van die Gemeenskapsreël:

“En deur die instemming van sy siel met al die wette/gebooie van God word sy vlees gereinig deur die besprenkeling van reinigende water en deur die heiliging deur die water van bekering. Mag hy daarom sy skrede bestendig maak om onberispelik op al die weë van die Here te wandel.” (III,8-10)

ʼn Herhalende ritueel

Vir die dissipels van Johannes en Jesus was doop ʼn eenmalige gebeurtenis. Maar in die Dooie See-rolle is dit ʼn daad wat gereeld herhaal moet word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS