Bible Society of South Africa

Bergrede: Konteks

Die bergrede is ʼn samestelling deur Matteus op grond van die uitsprake van Jesus. In die Evangelie funksioneer die toespraak as ʼn opsomming van Jesus se onderrig.

Die bergrede in die Evangelie

Matteus het die preek op ʼn weldeurdagte wyse by sy Evangelie ingewerk. Dit is duidelik uit die volgende:

  • Die teks word tussen twee identiese opsommings van Jesus se bediening geplaas: Hy onderrig in die sinagoges, en genees alle siektes en kwale (Matteus 4:23; Matteus 9:35).
  • Die skrywer detailleer eers Jesus se woorde (Matteus 5–7) en dan sy dade (Matteus 8–9).
    Dan volg ʼn rede (Matteus 10) waarom Jesus 12 dissipels uitstuur om, volgens sy voorbeeld, te leer en te genees (Matteus 10:7-8).

Dissipelskap is alles

In sy Evangelie plaas Matteus groot klem op dissipelskap van Jesus. Die belangrikste vir hom is om die lewensreëls wat Jesus gee, toe te pas. Dit word ook duidelik uit die gedeelte waarin Jesus sy onderrig afsluit: die oordeel van die Seun van die mens in Matteus 25:31-46. Hierdie toneel van die laaste oordeel kom nie in die ander Evangelies voor nie. Hier onthul Jesus die maatstaf wat sy hele onderrig opsom:

“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matteus 25:40).

Die deugdes wat Jesus aan die begin van die bergrede aanprys (soos nederigheid, sagmoedigheid en barmhartigheid) is, saam met die praktiese maatstaf in Matteus 25, Jesus se onderrig in ʼn neutedop.

Verwante Bybelgedeeltes

MATTEUS 5

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS