Bible Society of South Africa

Beëlsebul

Beëlsebul is ʼn ander naam vir Satan, die aanvoerder van die bose geeste.

Die naam Beëlsebul

Daar word verskil oor die betekenis van die naam Beëlsebul, maar tans is die meeste Bybelgeleerdes van mening dat die naam “Baäl, die prins” beteken. Daar is waarskynlik ʼn verbintenis met Baäl-Sebub, ʼn Filistynse god, wat in 2 Konings 1:2 vermeld word. Baäl-Sebub beteken “heer van die vlieë”. Dit is moontlik dat die regte naam van die Filistynse god Baäl-Sebul was, en dat die bybelse outeur dit doelbewus verander het na ʼn neerhalende naam, Baäl-Sebub, “heer van die vlieë”.

Aanvoerder van die bose geeste

Die naam Beëlsebul kom ʼn paar keer in die Evangelies voor. Jesus se vyande beskuldig Hom daarvan dat Hy bose geeste met behulp van Beëlsebul uitdryf. In Matteus 10:25 gebruik Jesus self hierdie naam om Satan aan te dui.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS