Bible Society of South Africa

Apokaliptiese Literatuur: Openbaring

Die boek Openbaring is vir Christene in die Romeinse provinsie Asië, in hedendaagse Turkye, geskryf. Die boek neem standpunt in teen die mag van Rome, in besonder die Romeinse keiserkultus.

Rome en die keiserkultus word uitgebeeld as die diere met ʼn oorweldigende slegte invloed (sien Openbaring 13), wat deur die duiwel aan hulle gegee is (sien Openbaring 12). Die diere span hulle mag teen Christene in.

Die agtergrond is die vervolging van Christene gedurende die bewind van die Romeinse keiser, waarskynlik Domitianus of Trajanus (tussen 90 en 120 n.C.)

Bemoedigende boodskap

Die outeur van Openbaring wil Christene met sy skrywe bemoedig. Hulle moenie deelneem aan die keiseraanbidding nie en moet volhard ten spyte van die vervolging. Dit is op die oomblik swaar en moeilik, en daar lê nog rampe voor. Maar daar sal ʼn ommekeer plaasvind en dan sal die koninkryk van God kom.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS