Bible Society of South Africa

Die opstanding van Jesus in Lukas

In die Evangelie volgens Lukas verskyn Jesus in en rondom Jerusalem. Dit is ook die gebied waar die hemelvaart van Jesus plaasvind en die vertrekpunt waarvandaan die evangelie tot by die eindes van die aarde verkondig sal word.


In Lukas se opstandingsverhaal word die getuienis van die dissipels versterk deur die feit dat ons vertel word van verskeie ontmoetings. Hy vertel ons verder dat Jesus eet en drink. In Lukas beteken die opstanding van Jesus in die eerste plek ook op konkrete wyse die opstanding van die fisiese liggaam. Lukas se beskrywing maak dit onmoontlik om van die opgestane Here as ʼn gees te praat. Deur hierdie beskrywing stel die opstanding van Jesus ʼn voorbeeld van die algemene opstanding van gelowiges.

Verwante Bybelgedeeltes

LUKAS 24

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS