Bible Society of South Africa

Apostel

In Matteus, Markus en Lukas stel Jesus 12 dissipels aan as apostels. Hulle is ʼn afsonderlike groep dissipels en Jesus se verteenwoordigers.

Die woord apostel

Die woord apostel (in Grieks:

apostolos

) beteken “die een wat gestuur is”: ʼn boodskapper of verteenwoordiger. Buiten die Bybel is daar geen spesifieke beroep met die titel van apostel nie. Die agtergrond vir die gebruik van apostolos in die Nuwe Testament is in die Ou Testament te vinde, waar sommige mense, soos Moses en die profete, boodskappers van God genoem is.

Twaalf apostels

Die drie Sinoptiese Evangelies vermeld elkeen die 12 apostels, soms met verdere uitkenbare eienskappe. Daardie eienskappe kan verskil van Evangelie tot Evangelie. Byvoorbeeld, dit kan gesê word dat Simon Petrus genoem is, of dat Jesus hom die naam Petrus gegee het. Taddeus en Judas, die seun van Jakobus, kon twee verskillende mense gewees het, maar die twee name word tradisioneel beskou as twee name vir dieselfde persoon.


 

Markus Matteus Lukas
Simon, wat Jesus Petrus genoem het Simon, wat Petrus genoem is Simon, wat Jesus Petrus genoem het
Andreas Andreas, die broer van Simon Andreas, die broer van Simon
Jakobus, die seun van Sebedeus Jakobus, die seun van Sebedeus Jakobus
Johannes, die broer van Jakobus Johannes, die broer van Jakobus Johannes
Filippus Filippus Filippus
Bartolomeus Bartolomeus Bartolomeus
Tomas Tomas Tomas
Matteus Matteus die tollenaar Matteus
Jakobus, die seun van Alfeus Jakobus, die seun van Alfeus Jakobus, die seun van Alfeus
Taddeus Taddeus  
    Judas, die seun van Jakobus
Simon die Kananeër Simon die Kananeër Simon die Seloot
Judas Iskariot Judas Iskariot, wat Jesus sou verraai Judas Iskariot, wat die verraaier geword het
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

























 

Die rol van die apostel

Die apostels het na Jesus se dood sy verteenwoordigers geword. Hulle gaan die wêreld in om die nuus omtrent die opstanding uit te dra. In die Nuwe Testament word hulle daarom as stigters van die kerk gesien, dit is hoekom gelowiges versigtig met die boodskap en die leringe van die apostels moet omgaan 

Mattias, Paulus en ander apostels

Na Judas se verraad, is Mattias volgens Handelinge 1:15-26 aangestel as die 12de apostel. In die Evangelies en Handelinge lyk dit of die groep apostels duidelik afgebaken is. Uit Paulus se briewe wil dit egter voorkom asof dit dalk nie aanvanklik die geval was nie. Paulus verwys na homself ook as ʼn apostel (byvoorbeeld in Romeine 1:1). Hy verwys ook na ander wat hierdie benaming gebruik (byvoorbeeld in 2 Korintiërs 12:11-13).


In die Didache (11:3-6) uit omstreeks 100 v.C., ʼn vroeë Christelike geskrif, is reisende Christen-profete nog apostels genoem. Dit was eers later dat konsensus bereik is dat daar slegs 12 ware apostels was – en natuurlik Paulus.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS