Bible Society of South Africa

Die Ons Vadergebed: Inhoud

Die Ons Vadergebed is ʼn bekende gedeelte in die Bybel. In die eerste helfte val die klem hoofsaaklik op die eer van God, terwyl die tweede gedeelte handel oor mense se optrede.

Verskillende interpretasies

In die wetenskaplike literatuur vind besprekings plaas oor die inhoud van die Ons Vadergebed. Pas die inhoud by die algemene Joodse godsdienstigheid in die tyd van Jesus, of pas dit spesifiek by Jesus se eie teologie?



Selfs al sou hierdie vraag beantwoord kon word, sou daar steeds baie maniere wees om die gebed te interpreteer. Dit kan vanuit ʼn politieke, eskatologiese of ʼn persoonlike invalshoek gelees word.

Die Ons Vadergebed in twee dele

Die eerste deel van die gebed fokus die aandag op God as Vader, terwyl die tweede deel oor die mense gaan:

  • In die eerste deel speel die gebed vir die koms van God se koninkryk ʼn belangrike rol. Van God word gevra om sy heerskappy te vestig.
  • Die tweede deel begin met die versoek: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Brood verteenwoordig al die voedsel wat ʼn persoon nodig het om te oorleef. Dit is opvallend dat die versoek vir die brood vir vandag is. Die gebed leer mense om nederig te wees. Dit moedig ons aan om nie te vra vir meer as wat nodig is vir die oomblik om te kan oorleef nie (sien ook Matteus 6:25-27).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS