Bible Society of South Africa

Die Ons Vadergebed: Weergawes

In Lukas en Matteus leer Jesus sy dissipels ʼn gebed wat later bekend sou staan as die Ons Vadergebed.

Twee weergawes

In die Nuwe Testament is daar twee weergawes van die Ons Vadergebed. Die teks in Lukas is die kortste, en hierdie weergawe is minder bekend as die gebed in Matteus. Die gebed in Matteus kom in die middel van die bergrede voor.


 

Matteus 6:9-13Lukas 11:2-4
“Ons Vader wat in die hemel is, 
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; 
laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings 
soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
“Vader, 
laat u Naam geheilig word; 
laat u koninkryk kom.

Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons sondes, 
want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; 
en laat ons nie in versoeking kom nie.”
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Die slot van die Ons Vadergebed

Aan die einde van die Ons Vadergebed word sommige bekende woorde in verskeie vertalings weggelaat:


“Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”


Hierdie sin word weggelaat omdat dit in die oudste manuskripte ontbreek. Dit is byna seker dat hierdie sin later bygevoeg is as ʼn pragtige en tradisionele afsluiting vir die gebed.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS