Bible Society of South Africa

Die Heilige Gees in Johannes

Tydens die afskeidsgesprekke in die Evangelie van Johannes (Johannes 13-17) verduidelik Jesus die funksie van die Heilige Gees. Die Heilige Gees word voorgestel as ʼn advokaat. Hy sal Christene help om die waarheid te verstaan.

Voorspraak

In Johannes word die Gees dikwels “Voorspraak” (byvoorbeeld Johannes 14:16-17) genoem. Naas “Voorspraak” kan die Griekse woord parakletos ook “helper” of “trooster” beteken. Sy taak is om langs iemand te staan of namens hom te praat.
Die hooffokus van die Heilige Gees se taak is om “julle (die dissipels) alles te leer en julle te herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Johannes 14:26). Hy sal “julle in die hele waarheid lei” (Johannes 16:12-16). En dit word uitsluitlik aan die dissipels belowe (Johannes 14:15-18).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS