Bible Society of South Africa

Barmhartigheid in die Ou Testament

In die Ou Testament is barmhartigheid die liefde van God vir mense of die liefde tussen mense, wat deur dade uitgedruk word.

Terminologie

In vertalings van die Ou Testament word die woord “barmhartig” gewoonlik gebruik om die Hebreeuse woord

rachamim

weer te gee. Hierdie term is afgelei van

racham

of

rechem

, wat “moederskoot” beteken. Die moederskoot word in die Ou Testament geassosieer met gevoelens van toegeneentheid en simpatie. In die Bybel word gevoelens en gedagtes dikwels gekoppel aan liggaamsdele. Die niere of die hart word daarom geassosieer met mense se diepste gedagtes.

Barmhartigheid van God

Die belangrikste betekenis van God se barmhartigheid in die Ou Testament is: God se liefdevolle omgang met en vir sy mense, waardeur Hy wys dat Hy getrou is aan die verbond met sy uitverkore volk.



Die twee belangrike kenmerke is dus:


1. God se barmhartigheid bestaan altyd uit dade. Voorbeelde hiervan is:



• God vergewe die volk (of individue), en herstel die verhouding tussen Hom en die persoon.


• God bevry sy volk uit ballingskap.


• God sorg vir sy volk in die woestyn.



2. God se dade spruit uit sy liefde vir Israel, en uit sy trou aan die verbond met sy volk.

Barmhartigheid van mense

In die Ou Testament beteken barmhartigheid om ander se behoeftes in ag te neem en daarvolgens op te tree. Belangrike kenmerke is:


• Die innerlike gevoel onderliggend aan barmhartigheid is simpatie, deernis en menslikheid. Maar daardie gevoel vind altyd uitdrukking in liefde vir jou naaste.


• Barmhartigheid was veral belangrik vir sekere bande tussen mense in ʼn verhouding. Eerstens is dit barmhartigheid vir ʼn mens se eie familie, en dan vir lede van jou eie stam of gemeenskap. Verder is daar genade vir mense wat van die gemeenskap afhanklik is, soos kinders, weduwees en die armes. Hulle het ʼn spesiale reg op barmhartigheid.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS