Bible Society of South Africa

Die opstanding van Jesus: Belydenis

In die briewe van Paulus kry ons die oudste getuienisse van die geloof in Jesus se opstanding. Hierdie geloofsuitsprake was reeds bekend aan die lesers van sy briewe, en gaan dus terug na die vroegste Christene. Die opstanding van Jesus het onmiddellik ʼn sentrale plek in die Christelike geloof ingeneem.


Nog ʼn tradisie wat teruggaan na die vroegste Christendom, kan in die Evangelies gevind word. Daar lees ons van die lyding van die Seun van die mens en sy opstanding na drie dae.

Kort belydenisse

In Paulus se briewe en in Handelinge word kort en kragtige belydenisse aangetref. Die belydenisse is die oudste formulerings wat verband hou met Jesus se opstanding. Dit het ʼn belangrike rol in die verkondiging van die evangelie en die doop gespeel. ʼn Voorbeeld van sulke stellings is: “God wat Jesus uit die dood opgewek het”.


In latere tekste soos dié van Paulus in 1 Korintiërs 15:4-8 lees ons dat hierdie belydenis eintlik teruggaan na die Paasbelewenis van die dissipels.

Agtergrond en betekenis

Wat vorm betref, stem die belydenisse oor Jesus se opstanding ooreen met die belydenisse oor God, soos: “Hy wat hemel en aarde gemaak het” (bv Psalm 115:15). Wat inhoud betref, stem dit ooreen met die tweede seënbede van die Joodse Agttiengebed wat in die eerste eeu bekend was. Daardie bede is: “O Here, U is magtig vir altyd. U laat die dooies lewe”.


Die geloof dat Jesus deur God uit die dood opgewek is, pas goed in by die Joodse geloof dat God mag het oor lewe en dood. Deur Jesus uit die dood op te wek, onderstreep God die belangrikheid van die lewe en bediening van Jesus. Die opstanding is ook ʼn inspirasie vir die gemeenskap om aan te hou om die boodskap van Jesus te verkondig.

Assosiasie met ander geloofstemas

Die stelling oor die opstanding van Jesus word in die Nuwe Testamentiese briewe geassosieer met verskillende temas wat met die Christelike geloof verband hou:

Die opstanding van die Seun van die mens

Nog ʼn parallelle tradisie is die uitspraak in die Evangelies dat die Seun van die mens doodgemaak sal word, maar drie dae later weer sal opstaan (bv in Markus 8:31). In hierdie uitspraak word die idee van die Seun van die mens in verband gebring met Ou Testamentiese verhale oor profete wat doodgemaak word.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS