Bible Society of South Africa

Elimelek

Elimelek is die man van Naomi en kom uit Betlehem. Gedurende ʼn droogte neem hy sy gesin om tydelik in die land Maob te gaan bly. Terwyl hulle daar is, sterf Elimelek en albei sy seuns.

Die naam Elimelek

Die naam Elimelek beteken “my God is koning”. Elimelek behoort tot die stam van Juda. Hy is ʼn afstammeling van Efrata, vader van Betlehem (1 Kronieke 4:3-4).

Die land van Elimelek

Ná Elimelek se dood keer sy weduwee huiswaarts en verkoop hulle grond aan Boas, ʼn familielid van haar oorlede man. Sy het dit gedoen om te verseker dat die eienaarskap van Elimelek se grond in die familie sou bly, ooreenkomstig die opdrag van Moses aan die volk Israel (Levitikus 25:23; Numeri 36:7).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS