Bible Society of South Africa

Dina

Dina is die dogter van Jakob en Lea. Op ʼn dag word sy verkrag deur iemand wat later met haar wil trou. Wanneer Dina se broers hoor wat gebeur het, bedink hulle ʼn plan om hulle suster se verkragting te wreek.

Die naam Dina

Die naam Dina beteken “oordeel”. Vir al die seuns van Jakob is daar ʼn verduideliking van die betekenis van hulle name, maar dit geld nie vir Dina nie. Dina speel ook geen spesifieke rol in enige van die verhale oor Jakob se kinders nie. Dina is die jongste kind van Jakob en Lea. As die enigste dogter verskil haar rol baie duidelik van dié van haar broers.

Verkragting

Op ʼn dag gaan stap Dina en word deur Sigem, die seun van Gamor, verkrag. Gamor was heerser oor die stad met dieselfde naam as sy seun Sigem.


Nadat Sigem vir Dina verkrag het, bly hy na haar verlang en wil met haar trou. Jakob kom te hore van wat met sy dogter gebeur het, maar doen niks daaraan nie.

Wraak van Dina se broers

Toe Dina se broers hoor wat met hulle suster gebeur het, bedink hulle ʼn plan om haar verkragting te wreek. Hulle stel voor dat al die mans en seuns in die stad Sigem besny moet word voordat Sigem met Dina mag trou.


Die mans van Sigem laat hulle deur Sigem en Gamor oortuig. As gevolg hiervan lê al die mans van Sigem ná drie dae in die bed met koors. Dina se twee eie broers, Simeon en Levi, vermoor nie net Sigem en sy vader met die swaard nie, maar ook al die ander mans, en hulle plunder die stad. 

Afgesny van die lewe?

Ná die verhaal van die verkragting in Genesis 34 word Dina se naam net in die naamlys in Genesis 46:15 vermeld. Die Bybel vertel ons nie of Dina ooit getroud is en kinders gehad het nie.


Hierdie stilte herinner ons aan die verhaal van die verkragting van Tamar in 2 Samuel 13:1-22. Nadat Tamar deur haar halfbroer Amnon verkrag is, gaan bly sy by haar broer, en bly alleen vir die res van haar lewe: “Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly en sy was Absalom ʼn wrak” (2 Samuel 13:20).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS