Bible Society of South Africa

Aser

Aser is die tweede seun van Jakob en Silpa, en die broer van Gad. Hy is een van die stamvaders van die volk Israel. Sy moeder is Silpa, maar hy word as ʼn kind van Lea beskou. Aser speel nie ʼn spesifieke rol in die verhale oor Jakob se kinders nie.

Die naam Aser

Die naam Aser beteken “gelukkige”. Nadat Lea vier seuns in die lewe gebring het, gee sy haar slavin Silpa aan Jakob as ʼn byvrou, om sodoende meer kinders deur haar te hê. Silpa het twee seuns by Jakob, Gad en Aser. By Aser se geboorte sê Lea: “Hoe gelukkig is ek. Die vrouens sal my Die Gelukkige noem!” (Genesis 30:13), en daarom het sy hom die naam “Aser” gegee.

Die stam van Aser

Die naam Aser kan verwys na die stam van Aser, waarvan Aser die stamvader is. Maar dit is ook ʼn aanduiding vir die gebied waar die afstammelinge van Aser gaan woon het. Daardie streek was in die noorde van Israel aan die kus.

Jakob se seën

As een van die 12 seuns van Jakob, ontvang Aser ʼn seën van Jakob wanneer Jakob al oud is. Jakob belowe dat die afstammelinge van Aser ʼn eie gebied sal besit wat ryk is aan koningskos (Genesis 49:20).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS