Bible Society of South Africa

Bilha en Silpa

Bilha en Silpa is byvroue van Jakob. Ragel gee haar slavin Bilha aan Jakob as sy vrou, om kinders vir haar in die wêreld te bring. Lea doen dieselfde met haar slavin Silpa.

Bilha

Die naam Bilha beteken “beskeidenheid”. Bilha is ook ʼn naam van ʼn plek wat ons in 1 Kronieke 4:29 aantref. Bilha is Ragel se slavin, wat deur haar vader Laban aan haar gegee word toe sy met Jakob trou. Wanneer Ragel vir ʼn lang tyd kinderloos is, gee sy haar slavin Bilha aan Jakob as vrou, sodat sy deur haar kinders kan hê. Bilha bring twee seuns vir Ragel in die wêreld, Dan en Naftali (Genesis 30:3-7).

Silpa

Die naam Silpa beteken “klein neus”. Die naam Silpa kom slegs in die boek Genesis voor in verhale oor Jakob.


Silpa is Lea se slavin, wat deur haar pa aan haar gegee is toe sy met Jakob getroud is. Nadat Lea vier seuns in die wêreld gebring het, blyk dit dat sy nie meer kinders kan kry nie. Daarom gee sy haar slavin Silpa aan Jakob as sy vrou, sodat sy vir Jakob nog kinders kan kry. Silpa bring twee seuns vir Lea in die wêreld, naamlik Gad en Aser (Genesis 30:9-12).

Jakob se bed word verontreinig

Nie lank ná Ragel se dood nie, het Ragel se oudste seun Ruben gemeenskap met Bilha (Genesis 35:22). Dit kos Ruben uiteindelik sy eersgeboortereg, omdat hy sy vader se bed verontreinig.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS