Bible Society of South Africa

Hiram die vakman (in bronswerk)

Hiram was ʼn vakman in bronswerk wat baie bronsvoorwerpe vir die tempel van Salomo gemaak het.

Die naam Huram

In Hebreeus word

Huram

soms

Hiram

genoem, wat ʼn verkorte vorm van Ahiram is, ʼn naam wat “my broer is verhewe” beteken. In Hebreeus kom die naam voor as

Huram

, en

Hiram

in 1 Konings 7 en in parallelle plekke in 2 Kronieke 2:13 en 2 Kronieke 4:11. Die verskillende weergawes van sy naam het nie in alle Bybelvertalings behoue gebly nie. Huram het van Tirus gekom, ʼn stad in Fenisië, waar sy vader ook ʼn vakman in bronswerk was. Die koning, wat Hiram (1 Konings 5:10) genoem is, maar soms

Huram

in Hebreeus, het hom van daar af na koning Salomo in Jerusalem gestuur om metaalvoorwerpe vir die tempel te maak wat spesialisvaardighede vereis het. Sy moeder was oorspronklik van Israel, uit die stam van Naftali (1 Konings 7:14).


Dawid en Salomo het albei met Tirus handel gedryf.

Voorwerpe

Huram het verskeie bronsvoorwerpe gemaak wat in koning Salomo se tempel gebruik is soos skoppe, waskomme en waterbakke. Hy het ook ʼn aantal groter voorwerpe gemaak:

Verwante Bybelgedeeltes

1 KONINGS 7.13 - 1 KONINGS 7.47

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS