Bible Society of South Africa

Beginreëls

Paulus begin al sy briewe op ’n soortgelyke manier. Hy begin met sy eie naam, die geadresseerde(s) en die rede vir die brief. Paulus het die korrespondensiegebruike van sy dag gebruik.

Standaardbegin

Paulus begin die eerste sin van al sy briewe deur sy naam as afsender te verskaf, en soms ook die name van sy mede-outeurs, soos dié van Timoteus.
Daarby noem hy die naam van die persoon aan wie hy skryf. Die ontvangers kon individue (Filemon) of een of meer (huis-) gemeentes (soos, byvoorbeeld, “almal in Rome”) wees. In die tweede sin wens Paulus altyd sy lesers seën toe:

“Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus.”

Captatio Benevolentiae

Naas die standaardbegin, begin die meeste van Paulus se briewe met ’n positiewe opmerking omtrent die mense aan wie hy skryf. Dit is ’n manier om die guns van sy lesers te wen. In Romeine 1:8-10, byvoorbeeld, begin Paulus:

“Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof. God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie.”

Dit word soms captatio benevolentiae genoem en kom algemeen by Paulus se tydgenote voor. Hulle dank dikwels hulle gode vir hulle lesers.
In twee van sy briewe laat Paulus hierdie captatio uit: in 1 Korintiërs en Galasiërs. In beide gevalle het dit te make met die gespanne verhouding tussen Paulus en die betrokke gemeenskap. In hierdie briewe wil Paulus tot die kern van die saak deurdring.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS