Bible Society of South Africa

Ander briewe

Behalwe die briewe van Paulus is daar ook ander briewe in die Nuwe Testament:

Afsenders

Die brief aan die Hebreërs meld nie wie die afsender is nie. Dit is nie bekend wie die brief geskryf het nie. Die ander sewe briewe word toegeskryf aan die vier hooffigure van die eerste geslag Christene:

  • Jakobus (’n broer van Jesus);
  • die apostel Petrus;
  • die apostel Johannes;
  • Judas (nog ’n broer van Jesus).

Katolieke briewe

Die sewe briewe onder die naam van Jakobus, Petrus, Johannes en Judas staan bekend as die “algemene briewe (sendbriewe)”.
“Katoliek” beteken in hierdie geval dat hierdie briewe nie aan ’n enkele spesifieke persoon of gemeenskap gerig is nie, maar aan Christene in die algemeen.

Outeurs van die katolieke briewe

Die outeurskap van al die katolieke briewe word bevraagteken. Baie geleerdes is van mening dat hierdie briewe uit die laaste deel van die eerste eeu of die begin van die tweede eeu n.C. dateer. Hulle word toegeskryf aan persone in die vroeë Christendom, aangesien hulle hoë aansien en gesag geniet het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS