Bible Society of South Africa

3 Johannes

Die derde brief van Johannes is ’n kort brief wat, soos 1 Johannes en 2 Johannes, aan die apostel Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte pas hierdie drie briewe baie goed in by die Evangelie volgens Johannes.

Tema

3 Johannes is gerig aan iemand genaamd Gaius. Die outeur loof sy geloof, liefde en trou. Hy het rondreisende broers verwelkom en sal, so vertrou die “oudste”, voortgaan om hulle te ondersteun.
Hy doen dit beter as Diotrefes, wat ’n magsposisie in die gemeente waaraan hy behoort, wil handhaaf. Hy verwelkom nie die broers wat die “oudste” gestuur het nie, en sluit selfs diegene wat hulle wil verwelkom uit die gemeente uit. In vers 12 beveel die outeur ene Demetrius aan. Ons weet niks verder omtrent hom nie; dalk was hy die briefdraer.

Genre

In teenstelling met die eerste brief van Johannes vertoon 2 en 3 Johannes die eienskappe van ’n ware brief.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS