Bible Society of South Africa

2 Johannes: Outeurskap en datering

Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 2 Johannes is nie. Die brief is waarskynlik omstreeks die jaar 100 n.C. geskryf.

Outeurskap

Die drie geskrifte wat bekend staan as die briewe van Johannes het hulle oorsprong uit dieselfde sirkel as die Evangelie volgens Johannes. Dit is waarskynlik dat 2 Johannes en die ander twee briewe later as die Evangelie volgens Johannes geskryf is. Ons weet nie of die outeur bekend was met die hele teks van die Evangelie soos ons dit ken nie.
2 Johannes is geskryf deur ’n gesagsfiguur in die “Johannese” gemeentesirkel. Die outeur verwys na homself as die “oudste”. Die brief word toegeskryf aan die apostel Johannes, hoewel die naam van die skrywer nie in die teks vermeld word nie. Soos in die geval van die Evangelie volgens Johannes, is dit onseker of die briewe verbind kan word aan die apostel Johannes in Efese.

Datering

Bybelgeleerders meen dat die briewe van Johannes ná die Evangelie volgens Johannes geskryf is, omstreeks 100 n.C.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS