Bible Society of South Africa

2 Johannes

Die tweede brief van Johannes is ’n kort briefie wat, soos 1 Johannes en 3 Johannes, aan die apostel Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte pas hierdie drie briewe baie goed in by die Evangelie volgens Johannes.
Die brief waarsku teen vals leraars wat ontken dat Jesus ooit ’n mens was.

Tema

Die tweede brief van Johannes is vanuit die omstandighede van die outeur se huisgemeente geskryf en is gerig aan ’n ander gemeente, wat hy aanspreek as “die uitverkore vrou en haar kinders” (2 Johannes 1:1). Die gemeentelede word opgeroep om mekaar lief te hê. Dit word opgevolg met ’n waarskuwing aan bedrieërs wat dieselfde doen as diegene in 1 Johannes. Om so iemand aan huis te ontvang of om hulle selfs net te groet, word beskou as medepligtigheid aan hulle bose praktyke.

Genre

Anders as die eerste brief van Johannes, vertoon 2 en 3 Johannes die kenmerke van ’n ware brief.

Verwante Bybelgedeeltes

2 JOHANNES 1.1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS