Bible Society of South Africa

1 Johannes: Outeurskap en datering

Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 1 Johannes is nie. Hierdie brief is waarskynlik geskryf rondom die jaar 100 n.C.

Outeurskap

Die drie geskrifte wat as die briewe van Johannes bekend staan, het in dieselfde sirkel as die Evangelie volgens Johannes ontstaan. Waarskynlik is 1 Johannes en die ander twee briewe later as die Evangelie volgens Johannes geskryf. Ons weet nie of die outeur kennis gedra het van die hele teks van die Evangelie soos ons dit ken nie.
Die brief word aan die apostel Johannes toegeskryf, alhoewel die naam van die skrywer nie in die teks genoem word nie. Soos in die geval van die Evangelie volgens Johannes, is dit onseker of die briewe aan die apostel Johannes in Efese verbind kan word.

Datering

Bybelkenners is van mening dat die briewe van Joahnnes geskryf is ná die Evangelie volgens Johannes, omstreeks die jaar 100 n.C.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS