Bible Society of South Africa

1 Johannes: Struktuur

Die eerste brief van Johannes is nie baie duidelik gestruktureer nie.

Opsomming van die inhoud

Die plan van die brief is nie baie duidelik nie, aangesien die skrywer heel dikwels vir ’n nuwe aanslag kies. Die skrywer begin in 1 Johannes 1:5 ná die aanhef. Daarna begin hy weer in 1 Johannes 2:18 en 1 Johannes 4:1, waar hy die vals profete beslis aanvat. Uiteindelik is daar ’n nuwe begin in 1 Johannes 5:13, wanneer die skrywer sy slotwoorde begin.
Die outeur van 1 Johannes bevind homself in ’n krisissituasie. Hy wil vanuit alle hoeke en in op so ’n indrukwekkende wyse moontlik, wys wat geloof eintlik moet behels.

Struktuur

 1:1-4  Aanhef
 1:5 – 2:17  Verbonde wees aan God
 2:18-27  Die vyande van Christus
 2:28 – 3:10  Kinders van God
 3:11-24  Julle moet mekaar liefhê
 4:1-6  Die Gees van God en die gees van die wêreld
 4:7-21  Liefde kom van God
 5:1-12  Jesus is die Seun van God
 5:13-21  Afsluiting van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS