Bible Society of South Africa

1 Johannes

Die eerste brief van Johannes is die langste van die drie briewe wat aan Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte sluit hierdie drie briewe nou aan by die die Evangelie volgens Johannes. Dit is nie bekend of die brief deur die apostel Johannes geskryf is nie. Die brief is waarskynlik aan die einde van die eerste eeu n.C. geskryf. Die brief waarsku teen vals leraars wat ontken dat Jesus ooit mens geword het nie.

Tema

1 Johannes is geskryf in ’n krisissituasie. Hierdie situasie bepaal derhalwe die tema van die geskrif. Een belangrike boodskap is die outeur se oortuiging dat Jesus Christus deur God gestuur is om die mensdom te verlos. Dit bewys hoe groot die liefde is waarmee God die wêreld leifgehad het. Wie dit glo, het die ewige lewe. Die oproep tot naasteliefde sluit nou hierby aan.
Hierdie boodskap is ’n waarskuwing teen verdeeldheid in die gemeentes oor die vraagstuk of Jesus werklik ’n mens was. Volgens die skrywer moet gelowiges die vals leermeesters, wat sê dat Jesus nooit ’n mens was nie, weerstaan.
Soos in die Evangelie volgens Johannes, word die klem in 1 Johannes geplaas op die skeiding tussen “die wêreld” en die kinders van God. Die skeiding tussen die wêreld en die gelowiges het veral belangrik geword vanweë die konflik, aangesien die outeur van mening is dat die verleiers nie onder die kinders van God is nie.

Genre

1 Johannes is nie ʼn brief in die ware sin van die woord nie – die gebruiklike inleiding en slotgroeteboodskap ontbreek. Die geskrif is ook nie bedoel as ’n algemene teks vir die hele Christendom nie, aangesien die outeur ’n spesifieke groep gemeentes aanspreek waarvoor hy verantwoordelik voel.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS