Bible Society of South Africa

2 Petrus: Outeurskap en datering

Die tweede brief van Petrus is waarskynlik aan die begin van die tweede eeu n.C. deur ’n volgeling van die apostel Petrus geskryf.

Outeurskap

Die opskrif “Die tweede brief van Petrus” (sien ook 2 Petrus 3:1) dui op ’n verband met 1 Petrus. Die twee briewe verskil egter soveel van mekaar tov inhoud en styl dat daar algemeen aanvaar word hulle nie van dieselfde persoon afkomstig is nie. Die skrywer noem homself Simon Petrus (2 Petrus 1:1) en beklemtoon dat hy ’n ooggetuie van die sogenaamde “verheerliking” van Jesus op die berg was.

Datering

Bybelgeleerders meen dat 2 Petrus aan die begin van die tweede eeu n.C. geskryf is. Die gebruik van die naam “Petrus” spruit uit die wens om die tradisie van die apostels te verteenwoordig.

Verwante Bybelgedeeltes

2 PETRUS 3.1 2 PETRUS 1.1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS