Bible Society of South Africa

2 Timoteus: Struktuur

Die tweede brief aan Timoteus bevat voorskrifte vir pastorale sorg binne die Christelike gemeenskap.

Opsomming van die inhoud

Die brief begin met ’n inleiding, adres en groeteboodskap. In hierdie brief word Timoteus herinner aan die vorige brief en opgeroep om standvastig in die verkondiging van die evangelie te volhard, selfs al word hy hiervoor vervolg (2 Timoteus 1:3 – 2:13), net soos Paulus is. In die tweede helfte van hoofstuk 2 en hoofstuk 3 word hy aangemoedig om nie deur slim praatjies van mense, wat die waarheid teenstaan, verlei te word nie. Hierdie afdeling is nie soseer gemoeid daarmee om die kenmerke van die dwaalleer uiteen te sit nie, maar eerder met ’n beskrywing van die swaar tye wat die koms van God se koninkryk sal voorafgaan. Vanaf 2 Timoteus 3:10 word Timoteus opgeroep om te bly by wat hy geleer is en om diegene te volg wat die Skrif modelleer en onderrig. Die brief sluit af met ’n versoek aan Timoteus om gou na Paulus in Rome terug te keer en met nuus van ander medewerkers van Paulus.

Struktuur

 1:1-2   Afsenders, geadresseerdes en groeteboodskap
 1:3-7  Danksegging
 1:8-18  Moed om te glo
 2:1-13  Die stryd vir die geloof
 2:14-26  Gemeenteleiers en vyande
 3:1 – 4:8  Slegte en goeie voorbeelde
 4:9-22  Afsluiting van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS